Geslagsregister (soos op 9 Nov 2023)

Die geslagsregister word goedgunstiglik vir privaat doeleindes beskikbaar gestel. Die inligting bly die eiendom van die 3 skrywers, nl. Hercules, D.G. en J.D. Malan, en mag in geen vorm of formaat sonder die toestemming van die skrywers gepubliseer word nie. Toestemming word aan navorsers van ander families verleen om die inligting wat betrekking het op die familie wat hulle navors in hulle publikasies te gebruik mits die nodige erkenning gegee word. Bronverwysing: Malan, D.G., Hercules en J.D. Rekenaar Malan-Geslagsregister, https://malanbond.co.za/index.php/Geslagsregister : 9 Nov 2023.

Die aanlynregister word van tyd tot tyd opdateer vanaf die hoof rekenaarregister. Die register bevat tans die name van meer as 13600 gebore Malans en 9200 aangetroudes. Die register is baie volledig tot ongeveer 1980 (sien grafiek) maar val dan daarna merkbaar af. Dis duidelik dat ons baie van die mense wat na 1980 gebore is se inligting nie het nie.

Gaan asb. u inligting in die register na. Kontak asb. die Bond se genealoog indien u foute opmerk of indien daar inligting ontbreek.

Vir gebore Malans verlang ons die volgende inligting: volle name, geboortedatum en plek, sterfdatum en plek indien oorlede, beroep indien bekend. Vir aangetroudes verlang ons die volgende inligting: troudatum en plek, volle name en van/nooiensvan, geboortedatum en plek, sterfdatum en plek indien oorlede, vader se volle name en van, moeder se volle name en nooiensvan. U hoef nie al hierdie inligting te verskaf indien u dit nie het nie. Enige nuwe inligting help alreeds.

Let wel: Weens die POPIA beleid kan die inligting van lewende persone nie meer vertoon word nie en word slegs ****** vertoon.

Soek in die register

Afkortings

Hoe om die register te gebruik