Geslagsregister Hulp

Persone kan in die register opgespoor word via twee indekse naamlik die aangetroude en naam indekse. Kies die verlangde indeks en kliek op die Kies-knoppie om via die indeks te soek.

Aangetroude indeks

Die aangetroude indeks word gebruik om persone via aangetroudes op te spoor.

Kliek op die "Ander indeks" knoppie om op 'n ander indeks te soek. Kliek bv. op die A-knoppie om al die aangetroude vanne wat met A of a begin te sien. Bv. sal de Villiers onder D val en nie V nie.

Die indeks vertoon 3 kolomme. Die eerste kolom vertoon die aangetroude persoon se van en name. Die tweede kolom vertoon die Malan-persoon se name met wie die aangetroude getroud is en die derde kolom wys die persoon se genealogiese nommer.

Kliek op die genealogiese nommer om die inligting van die persoon te sien. 'n Nuwe venster word oopgemaak en die persoon se inligting word daarin vertoon. Die persoon se inligting asook die persoon se kinders word vertoon. Die R-nommer voor die persoon se naam dui die persoon se rekordnommer in die register aan.

Bo-aan word 'n skakel na die persoon se vader vertoon. Sluit die venster om terug te beweeg na die indeks venster.

Naam indeks

Die naam indeks word gebruik om persone via naam op te spoor.

Kliek op die "Ander indeks" knoppie om op 'n ander indeks te soek. Kliek bv. op die A-knoppie om al die name wat met A begin te sien.

Die indeks vertoon 3 kolomme. Die eerste kolom vertoon die persoon se name. Die tweede kolom vertoon die jaar waarin die persoon gebore is en die derde kolom vertoon die persoon se genealogiese nommer.

Kliek op die genealogiese nommer om die inligting van die persoon te sien. 'n Nuwe venster word oopgemaak en die persoon se inligting word daarin vertoon. Die persoon se inligting asook die persoon se kinders word vertoon. Bo-aan word 'n skakel na die persoon se vader vertoon. Sluit die venster om terug te beweeg na die indeks venster.

Afkortings

Die volgende afkortings word in die register gebruik:

* gebore
gedoop
oorlede
Ω begrawe
x getroud
xx weer getroud
æ gemeenskap met gevolglike nageslag
÷ geskei
ca circa, ongeveer
d.v. dogter van
s.v. seun van
wed weduwee
PN naam onbekend
NN van onbekend
NGK Nederduits Gereformeerde Kerk
GK Gereformeerde Kerk
HK Hervormde Kerk

Nommeringstelsel

Die register gebruik die nommeringstelsel van de Villiers. Die eerste geslag word met a genommer, die tweede met b, ens. Bv. a1b1 is die 1ste kind van a1, a1b2 die 2de kind van a1, ens. Die 1988 en 1998 uitgawes van die register het 'n gewysigde vorm van die de Villiers nommeringstelsel gebruik. Waar die ou nommeringstelsel van de Villiers verskil is dat die 10de kind met A genommer word, die 11de met B, ens. Dus die 10de kind van a1 se nommer sal a1bA wees wat dieselfde as a1b10 in die de Villiers stelsel is. Met die 2018 uitgawe van die register is dit egter uitgefaseer.