Privaatheidsbeleid

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (POPI) het op 1 Julie 2021 van krag geword. Hierdie wet is gelykstaande aan die regulasies van die Algemene Databeskermings Regulasie (GDPR) in die Europese Unie. Die Malan-Familiebond poog om aan daardie wet te voldoen via onderstaande privaatheidsbeleid.

Persoonlike informasie

Ons versamelinligting soos naam, van, e-posadres, telefoonnommer en adres van persone wat instem om ons nuusbrief te ontvang.

Ons versamel persoonlike inligting soos volle name, van, geslag, geboorte datum en plek, doop datum en plek, beroep vir genealogiese navorsings doeleindes ten einde 'n Malan-geslagsregister te bou.

Gebruikers kan ons webwerf anoniem besoek.

Hoe ons die informasie gebruik

  • Om met die lede op die e-posadreslys te kommunikeer.
  • Om die Vonknuusbrief aan die lede op die e-posadreslys te stuur.
  • Om 'n Malan-geslagsregister te bou.
  • Om biografiese inligting oor Malans te versamel.

Hoe beskerm ons u inligting

Geen inligting van lewende persone of persone jonger as 'n 100 jaar word op ons aanlyn Malan-geslagsregister vertoon nie.

Deel van u persoonlike inligting

Ons verkoop, ruil of verhuur nie persone se persoonlike inligting aan derde partye nie.

Elektroniese nuusbrief

Indien 'n persoon besluit om ons nuusbrief te ontvang sal hulle e-pos ontvang wat die nuusbrief insluit asook kommunikasie van belang soos nodig.

'n Persoon kan enige tyd besluit om van die e-posadreslys verwyder te word.

Veranderinge aan hierdie privaatheidsbeleid

Ons behou die reg voor om te enige tyd hierdie privaatheidbeleid te wysig soos nodig.

U aanvaarding van hierdie beleid

Deur hierde webwerf te gebruik aanvaar u hierdie beleid. Indien u nie hierdie beleid aanvaar nie, gebruik dan asb. nie ons webwerf nie.

Kontak ons

Indien u enige vrae aangaande die beleid het kan u ons gerus kontak.

 

Hierdie dokument was laas opdateer op 15 Julie 2021.