Jacques Malan se familie

Die Suid-Afrikaanse Malan-stamvader, Jacques Malan, het vroeg in Julie 1687 saam met 18 ander mense van Saint-Martin-de-la-Brasque en omgewing na Nederland gevlug. Onder die vlugtelinge was Antoine en Pierre Malan en tot onlangs was hulle verwantskap met Jacques onseker. Noukeurige beskouing van die rekords waar hulle geldelike hulp gekry het, het getoon dat Antoine en Pierre neefs was. Jacques was egter verder weg verwant aan Antoine en Pierre. Dit het geblyk dat Antoine die oom van Pierre was. Antoine se pa, Pierre, was 'n broer van Jacques se oupa, Daniel.

Daar is nog onsekerheid oor wie Jacques se oupa, Daniel, se pa was. 'n Daniel Malan seun van Antoine Malan van La Motte d'Aigues is in 1596 te Loumarin gedoop. Dis moontlik dat dié Daniel, Jacques se oupa was. Dis egter moontlik dat daar 'n geslag tussenin was maar tot die teendeel bewys word aanvaar ons dis dieselfde Daniel.

 

Diagrammaties is die verwantskap as volg (onseker verbintenisse is onderstreep):

 

Antoine Malan, van La Motte d'Aigues x Jeanne Fabresse

  Daniel 1596 x Anthonette Fabresse 1611

    Jacques 1637-1697 x Marie Rouette 1646-1701

      Daniel 1664-1712 x Isabeau Romane 1669-1733

      Jacques 1665-1742 Suid-Afrikaanse stamvader x Elisabeth Longue 1670-1736 Vlug albei na Nederland

      Jean 1667-1687

      Paul 1676-1706 x Jeanne Riperte 1678-1722

      Mathieu 1681

      Pierre 1685-1686

    Barthélemieue 1637-1712 x Daniel Rambaud 1630-1705

    André 1640-1710 x Thounette Sedallian 1639-1709

    Jean 1645-1690 x Marie Meyniere 1642-1725

  Pierre x NN

    Daniel 1634-1714 x Marguerite Sedallian

      Pierre 1665-1688 x Isabeau Richarde 1667 Vlug albei na Nederland

    Antoine 1649 x Isabeau Verdette 1664 Vlug albei na Nederland

      Marguerite 1682

      Pierre 1684-1686

      Marie 1687 Vlug na Nederland

 

Dan is daar ook nog die broers Pierre en Jean Malan van La Motte d'Aigues wat moontlik broers van Antoine was:

 

PN x NN

  Pierre, van La Motte d'Aigues, x voor 1611 Magdeleine Brunet

  Jean, van La Motte d'Aigues, x Suzanne Rambaude

    Pierre 1592

    Marie 1599

 

Ook

Jeanne Malane 1617-1692 x Estienne Brunet

Jean Malan 1619-1699

Louise Malane 1627 Ω Katolieke begraafplaas, Cabrières-d'Aigues 12.4.1698 x Jean Marque † < 22.10.1685

Pierre Malan van Belle-Etoile x Francoise Fayet † Saint-Martin-de-la-Brasque 24.8.1677

 

 

 

Die detail van die familie is as volg:

 

Antoine Malan?

x Jeanne Fabresse

b1 Daniel

(≈ Gereformeerde Kerk, Lourmarin 4.2.1596)? x Anthonette Jourdane (* La Roque d'Anthéron 8.10.1611 ≈ Gerformeerde Kerk, Lourmarin 16.10.1611 d.v. Jean Jourdan en Jeanne Blanque)?

b1c1 Jacques

* ca. 1637 † 4.5.1697 (60) Ω Katolieke begraafplaas, Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk 5.5.1697 x Marie ROUETTE * ca. 1646 † 21.5.1701 (55) Ω Katolieke begraafplaas, Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk 22.5.1701; Tussen 23 en 27 Oktober 1685 word hulle saam met hulle kinders gedwing om hulle Gereformeerde geloof af te sweer en die Katolieke geloof aan te neem

b1c1d1 Daniel

* ca. 1664 † 20.3.1712 Ω 21.3.1712; op 18 September 1701 word hy en sy broer Paul van Saint-Martin-de-la-Brasque genoem in 'n lys van persone wat nie hulle Katolieke plig nakom nie. Hulle broer Jacques word as 'n vlugteling beskryf wat slegs die Suid-Afrikaanse stamvader kan wees; x Katolieke Kerk, Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk 19.5.1704 Isabeau ROUMANE * ca. 1669, d.v. Daniel Rouman

b1c1d2 Jacques

* Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk ca. 1665 † Stellenbosch 1742, stamvader van die Suid-Afrikaanse Malans x Drakenstein 1699 Elisabeth LONGUE * La Motte-d'Aigues, Frankryk ca. 1668 † Stellenbosch < 3.9.1736 d.v. Pierre Long en Jeanne Gouirande

b1c1d3 Jean

* ca. 1669 † 14.1.1687 (11) Ω Saint-Martin-de-la-Brasque

b1c1d4 Paul

≈ Gereformeerde Kerk, La Motte d'Aigues, Frankryk 26.7.16763 † 30.6.1706 Ω Katolieke begraafplaas, Saint-Martin-de-la-Brasque 1.7.1706 x Katolieke Kerk, Cabrières-d'Aigues, Frankryk 7.2.1703 Jeanne RIPPERTE ≈ Gereformeerde Kerk, La Motte d'Aigues, Frankryk 28.9.1678 † 4.8.1722, d.v. Daniel Ripert en Magdeleine Brette. Sy xx 4.3.1710 Jean Meynard

b1c1d5  Mathieu

≈ Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk 11.5.16814

b1c1d6  Pierre

≈ Katolieke Kerk, Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk 1685 † Saint-Martin-de-la-Brasque 5.2.1686

b1c2 André

* ca. 1640 † 17.7.1710 Ω Katolieke begraafplaas, Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk 18.7.1710 x Antoinette/Thounette Sédallian * voor 1661 † > 1685Afkortings

b1c3 Jean

* ca. 1645 † Saint-Martin-de-la-Brasque 22.5.1690 Ω Katolieke begraafplaas, Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk 23.5.1690 x Marie Meynier * ca. 1642 † Saint-Martin-de-la-Brasque 12.8.1725 Ω Katolieke begraafplaas, Saint-Martin-de-la-Brasque 12.8.1725 sy is oorlede na 'n siekte van 3 jaar

b1c3d1 Francois

b1c3d2 Pierre

b1c3d3 Daniel

b1c3d4 Jacques

≈ Gerefomeerde Kerk, La Motte d'Aigues, Frankryk 24.6.1675

b1c3d5 Isabeau

≈ Gereformeerde Kerk, La Motte d'Aigues, Frankryk 21.8.1677

b1c3d6 Marie

≈ Gereformeerde Kerk, La Motte d'Aigues, Frankryk 9.7.16791 x Katolieke Kerk, Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk 17.6.1706 Marc ROUMAND * ca. 1636; s.v. Daniel Roumand en Honorade Rouman

b1c3d7 Daniel

≈ Gereformeerde Kerk, La Motte d'Aigues, Frankryk 10.9.1682

b1c3d8 Catherine

≈ Katolieke Kerk, La Motte d'Aigues, Frankryk 4.7.1686

b2 Pierre

x NN

b2c1 Daniel

* ca. 1634 † 23.12.1714 Ω Katolieke begraafplaas, Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk x Marguerite Sédallian

b1c1d1 Pierre

* 1664 † skip China 1688 x Katolieke Kerk, Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk 2.7.1687 Isabeau Richarde * 1667 † na 1688 d.v. Jean Richard en Louis Ramberte. Sy was vanaf Peypin d'Aigues in Frankryk. Pierre en Isabeau vlug in 1687 saam met Jacques na Nederland. Hulle name verskyn op die passasierslys van die China. Pierre sterf tydens die seereis op die China en Isabeau hertrou op die skip met Pierre Joubert. Pierre Joubert en Isabeau kom uiteindelik in die Kaap aan.

b2c2 Antoine

* 1649 x ca. 1681 Isabeau Verdette * 1664. Antoine en Isabeau het met hulle dogtertjie saam met Jacques gevlug na Nederland. Alhoewel hulle name voorkom op die passasierslys van die China van die mense wat na die Kaap sou gekom het blyk dit dat hulle besluit het om in Europa agter te bly. Wat van hulle geword het is onbekend.

b2c2d1 Jean

* 20.9.1675 ≈ Gereformeerde Kerk, Mérindol, Frankryk

b2c2d2 Antoine

* 27.7.1680

b2c2d3 Marguerite

≈ Gereformeerde Kerk, La Motte d'Aigues, Frankryk 11.4.1682 † na 1685

b2c2d4 Pierre

* 24.7.1684 ≈ Gereformeerde Kerk, Manosque, Frankryk 8.8.1684 † 23.11.1686 Ω Katolieke Gemeente, Saint-Martin-de-la-Brasque

b2c2d5 Marie

≈ Katolieke Kerk, Saint-Martin-de-la-Brasque, Frankryk 16.3.1687, sy kom saam met haar ouers voor op die voorgenome passasierslys van die skip China.

 

Die volgende Malans

 

* - gebore, ≈ - gedoop, † - oorlede, Ω - begrawe, x - getroud, xx - weer getroud

Nota

Meer as een webwerf op die Internet gee verkeerdelik die ouers van Jacques aan as Antoine Malan en Isabeau Verdette. Die kerkregisters waar Jacques-hulle geldelike hulp verkry het toon duidelik aan dat Antoine nie Jacques se pa was nie. Die passasierslys van die China toon ook dat Isabeau Verdette te jonk was om Jacques se moeder te kon wees.

Bronne

1. Vaucluse argief: Register van Protestante Dope, Huwelike en Begrawings van die Protestante Kerk van Saint-Martin-de-la-Brasque 1 E 113/3. http://v-earchives.vaucluse.fr/series/etat_civil/NS_lettre_Saint/NS_lettre_Saint742/ beeld 7 linker bladsy inskr. 3.

2. Archives Départementales de Vaucluse. Notariat de la Tour-d'Aigues Étude d'Ailhaud-Castelet. 1538-1894. Ref. FRA084_3 E 69/1-562. Article 319. The records of Notary Gavaundan of La Tour d'Aigues. Reference 3E69/319. http://earchives.vaucluse.fr/archives/show/FRAD084_egf_de-247. See also the journal La Valmasque, No 70, 1st quarter 2006, Bulletin de l'Association d'Etudes Vaudoises & Historiques du Luberon. Nota: Dis onseker of dit die dokument is waarin Jacques Malan en Marie Rouet en hulle seuns Daniel, Jacques, Jean, Paul hulle geloof afsweer te Saint-Martin-de-la-Brasque.

3. Vaucluse argief: Register van Protestante Dope, Huwelike en Begrawings van die Protestante Kerk van Saint-Martin-de-la-Brasque 1 E 113/3. http://v-earchives.vaucluse.fr/series/etat_civil/NS_lettre_Saint/NS_lettre_Saint741/ beeld 10 regter bladsy inskr. 3.

4. Base hugeunot. Base de données du refuge huguenot. Beskikbaar http://www.refuge-huguenot.fr/accueil.php [1 Februarie 2021].