Plase

Champagne, Franschhoek

Champagne is alreeds op 18 Oktober 1694 vir Abraham de Villiers uitgemeet maar hy ontvang eers op 25 Januarie 1711 die grondbrief. Dit was 60 morg 300 vk roede groot. Op 25 Junie 1721 verkoop Abraham se weduwee die plaas aan Antoine Nortje. Antoine dra die plaas op 12 April 1752 oor aan sy skoonseun Daniel Jacobs. Daniel se weduwee verkoop die plaas op 10 April 1789 aan Jacob Stephanus Malan (1765 - 1836). Op 2 Februarie 1810 verkoop hy die plaas aan Eduard Christiaan Hauman.

Bronne

1. Le Roux, J.G. en W.G. Ons Drakensteinse erfgrond. Drakenstein Heemkring.