Plase

Cloetenburg, Somerset-Wes

Toe Willem Adriaan van der Stel se plaas Vergelegen in 1709 in vier verdeel is, het Catharina Cloete, die weduwee van Gerrit Cloete, die suidwestelike deel gekoop en dit Cloetenburg genoem. In 1715 word die plaas verkry deur Johann Jacob Conterman en in 1719 word dit oorgedra aan Michiel Otto wat met Conterman se weduwee, Barbara, getroud is. Otto het later langs dieselfde weg in besit van Vergelegen gekom. In 1725 verkry C. Cloete die plaas. In 1732 verkry Daniel Malan (1703-1770) van Morgenster die plaas vanaf Louw en in 1756 word dit oorgedra aan sy seun Daniel Wynand Malan (1731-1765). Daniel Wynand het die kern van die huidige huis gebou of 'n reeds bestaande huis verbeter. Aangesien Daniel Wynand in 1765 oorlede is, is dit moontlik dat die gewel wat die datum van 1785 dra, deur een van sy seuns of dalk sy skoonseun, Douw Gerbrand Steyn, aangebring is tydens die eerste herdekking van die dak. In 1809 word Douw Gerbrand Steyn die eienaar van die plaas. In 1817 het Steyn 'n groot gedeelte van die plaas verkoop aan die stigters van die dorp Somerset-Wes.

Bron

Heap, Peggy: The story of Hottentots Holland, 1993. National Book Printers, Goodwood.