Dekkersvlei, Klein-Drakenstein, Paarl
Dekkersvlei is oorspronklik op 3 September 1693 toegeken aan Herman Barend van der Schyff en was 60 morg 100 vk roede groot. Later word die plaas onderverdeel. Op 3 Julie 1858 koop Daniël Benjamin Gerhardus Malan (1837 - 1899) gedeelte B1A wat bestaan het uit 7 morg 391 vk roede en 313 vk roede erfpag van Hendrik Albertus Louw. Op 14 April 1863 verkoop hy dit aan Georg Erhard Malherbe.
Bron
1. Le Roux, J.G. en W.G. Ons Drakensteinse erfgrond.
