Plase

Doolhoff, Bainskloof, Wellington

Die oorspronklike plaas van 34 morg 450 vk roede is op 11 Mei 1712 aan Jacob Potie uitgereik. Op 10 Januarie 1820 is 726 morg 382 vierkante roede aangrensende grond aan die weduwee van Willem Lategan toegeken. Op 23 April 1884 het JJ Retief 44 morg 82 vierkante roede aan Jacobus Benjamin Retief verkoop en die oorblywende deel aan Daniel Petrus Johannes Retief. Op 27 September 1888 verkoop DPJ Retief aan Petrus Johannes Cillie. Op 8 September 1896 verkoop PJ Cillie aan broers Johannes Petrus Malan (b6c3d9e5f2g3) en Jacobus Francois Malan (b6c3d9e5f2g4) vir £4000. Hulle het elke 'n halwe aandeel in die plaas gehad. Op 21 Maart 1899 verkoop hulle 23 morg 547 vierkante roede langs die rivier aan John Henry Coaton, Petrus Johannes Cillie Johan Heinrich Buxman en Daniel Petrus Johannes Retief, lede van die Wellington Electric Syndicate, vir £600. Op 30 Junie 1903 verkoop Johannes Petrus Malan sy deel van die plaas aan sy broer Jacobus Francois Malan. Daar word vermoed dat Johannes siek geword het want 11 maande later sterf hy op 9 Mei 1904. Op 31 Desember 1906 verkoop Jacobus Francois Malan die plaas aan Matthys Michielse du Toit vir £8800.

 

 

Bronne

Plaasregister, plaas 230, Aktekantoor Kaapstad.

Titelaktes T1928/27/1899, T8963/119/1902, T8964/119/1902, T11761/1903, T11666/1906, T5757/70/1896, T5758/70/1896, Aktekantoor Kaapstad.