Goedeverwagting, Voor-Groenberg, Wellington
Die plaas Goedeverwagting het ontstaan as drie stukke grond wat as 'n eenheid bedryf is en is op 6 Januarie 1784 aan Johannes Rossouw oorgedra. Na verskeie eienaars het Johann Conrad F Froneman die plaas op 28 Junie 1804 aan Jacobus Francois Malan (1783-1863) verkoop. Jacobus verkoop die plaas op 21 Desember 1810 aan Susanna Gertruida Naude.
