Groenfontein, Bovlei, Wellington
Die plaas van 30 morg 5 vierkante roede groot is op 28 Februarie 1699 aan Phillipe Drouin toegeken. Na 'n aantal eienaars word Johannes Minnaar op 19 November 1793 eienaar van die plaas. Op 21 Desember 1810 verkoop hy die plaas aan Jacobus Francois Malan (1783-1863). Hy verkry bykomende erfpaggrond en verdeel die plaas op 9 Desember 1839. Sy oudste seun Jacobus Johannes (1803-1883) kry 17 morg 184 vierkante roede wat daarna as Leliefontein bekend gestaan het. Die tweede oudste seun David Johannes Malan (1807-1894) kry 6 morg 452 vierkante roede. Jacobus hou self 6 morg 5 vierkante roede vir homself.
