Plase

Knorhoek, Somerset-Wes

In 1775 koop David Malan (1708-1792), die seun van die stamvader Jacques Malan, die plaas De Fortuijn, naby die huidige Gordonsbaai, van Petronella van den Heever, weduwee van Mattian le Roux. In 1776 vra hy nog ses morg grond langs De Fortuijn aan om 'n wingerd op te plant en in 1777 koop hy 489 morg ten ooste van De Fortuijn. Laasgenoemde plaas kry later die naam Knorhoek. Knorhoek is reeds in 1780 aan David se seun, Jacob, oorgedra. Die finale ondertekening van die dokumente van oorgawe tussend generaal Jan Willem Jansens en generaal-majoor Ferguson het in 1806 op Knorhoek plaasgevind.