Plase

La Motte, Franschhoek

La Motte wat bestaan het uit 61 morg 200 vk roede is op 18 Oktober 1694 vir Jean Jourdan opgemeet. Na sy dood in 1698 hertrou sy weduwee in 1699 met Jacques Malan en so kom hy in besit van die plaas. Jacques verkry weens versuim eers op 18 Desember 1713 die grondbrief. Op 25 April 1719 dra hy die plaas oor aan sy stiefseun Pierre Jordaan.

Bronne

1. Le Roux, J.G. en W.G. Ons Drakensteinse erfgrond. Drakenstein Heemkring.