Plase

Languedoc, Klein-Drakenstein, Paarl

Op 10 Julie 1812 koop Daniel Gerhardus Malan (1772-1837) (b6c4d4e2) die plaas van 50 morg 275 vierkante roede van Johannes Rudolph Louw (1764-1842). Op 10 Februarie 1837 verkoop Daniel 'n deel van die plaas, wat bestaan het uit 32 morg 141 vierkante roede en 131 morg 363 vierkante roede erfpag, aan Daniel Jacobus Joubert (1795-1854). Die deel wat Daniel oorgehou het bestaan uit 18 morg 234 vierkante roede en 81 morg 178 vierkante roede. Op 30 Desember 1878 verkoop Daniel sy deel aan BG du Plessis.