Plase

Libertas, Stellenbosch

Libertas is oorspronklik aan Hans Jurgen Grimpe toegeken. Die huidige woonhuis het reeds in 1692 op die plaas bestaan. In 1703 trou Hans se weduwee met die bekende Adam Tas en so bekom hy die plaas. Na Tas se dood in 1722 het Wouter de Vos die plaas gekoop. Volgens Wouter se testament was daar toe 'n T-plan huis op die plaas. Na verskeie verwisselings van eienaar het Jacobus Hermanus Malan (1729-1768) die eienaar geword. Na Jacobus se dood in 1768 het sy weduwee, Anna Elisabeth Louw, met Johann Bernhard Hoffmann getrou wat toe die eienaar geword het. Dit is waarskynlik in sy tyd wat die huis van T-plan na H-plan verander is.

 

Bronne

1. Simons, Phillida Brooke. Kaaps-Hollandse Huise. Struik Uitgewers, Kaapstad, 1987.