Salomonsvlei, Klein-Drakenstein, Paarl
Die plaas van 60 morg is op 21 Oktober 1694 aan Solomon de Gournay toegeken. Daarna het die plaas verskeie eienaars gehad. Uiteindelik kom Philippus Bernhardus Wolfaardt op 30 Oktober 1807 in besit van die plaas. Op 22 Desember 1837 verkoop hy die oorblywende deel van 137 morg 176 vierkante roede aan Charl Wynand Malan (1812-1883). Later word die plaas verdeel tussen sy twee seuns Daniel Johannes (1837-1896) en David Johannes (1851-1906). Daniel koop later David se deel by hom. Daarna boer Daniel se seun Daniel Johannes (1878-1949) op die plaas. Na hom boer sy seun Wynand Charl (1913-2004) op die plaas. Tans boer sy seun Daniel Johannes (1950-) op die plaas.
