St Martyn, Noorder-Paarl
St Martyn is op 12 September 1692 aan Michael Niemand toegeken en was 48 morg 175 vierkante roede groot. Na sy dood word die plaas op 6 Julie 1703 aan Balthasar Christiaan Weever oorgedra. Hy verkoop dit op 2 Julie 1703 aan Gerrit van Deventer. Gerrit verkoop die plaas op 30 Januarie 1709 aan Jacques Malan. Jacques verkoop die plaas op 15 Januarie 1722 aan Booy Booysen.
