Stonewall, Somerset-Wes
Daniel Wouter Malan (1789-1866) koop in 1824 'n deel van die plaas Zandberg (tans Scholtzenhof). Hy noem die plaas Verdruk-mij-Niet en bou in 1837 'n nuwe huis op die plaas. Dié huis is later in 'n wynkelder verander en word vandag as stoor gebruik. Die inskripsie DWM 1837 kom op die gewel voor. Verdruk-mij-Niet is omtrent 'n kilometer wes van Nooitgedacht, waar Daniel grootgeword het.
Daniel voltooi in 1853 sy nuwe woonhuis, maar word verplig om Verdruk-mij-Niet te verkoop as gevolg van die skuld wat hy moes aangaan om sy nuwe huis te bou. Verdruk-mij-Niet is vandag bekend as Happy Vale en is met sy wit ringmuur tussen die wingerde 'n bekende baken op die pad tussen Stellenbosch en Somerset-Wes.
Stonewall is die naam van die wyn wat op Happy Vale gemaak word.
Nota: Tydens die besoek aan die plaas is agtergekom dat die inskripsie op die gewel DWM 1828 is en nie DWM 1837 soos vermeld in die Malans van Suid-Afrika nie.
