Plase

Versailles, Blouvlei, Wellington

Versailles, wat bestaan het uit 30 morg 552 vk roede grond, is op 28 Februarie 1699 aan Pierre Cronier toegeken. Op 16 Desember 1846 koop Petrus Jacobus Malan (1820-1897) deel B van die plaas wat bestaan het uit 19 morg 398 vk roede grond vanaf Daniel Hendrik Rossouw. Daarna het opeenvolgende Malan-geslagte op die plaas geboer, nl. Jan Gysbert (1846-1886), Petrus Jacobus (1873-1950), Jan Gysbert (1897-1934) en Marthinus Christoffel (1931-2008). Tans boer Marthinus se weduwee Elmien en dogter Annareen op die plaas.

Bronne

1. Le Roux, J.G. en W.G. Ons Drakensteinse erfgrond. Drakenstein Heemkring.

2. Malan, Hercules, D.G. en J.D. Die Malans van Suid-Afrika, Geskiedenis en Geslagsregister. Bloemfontein, 1998.

Web

www.versailles.co.za