Plase

Vleesbank-Oos, Agter-Groenberg, Wellington

Die plaas Vleesbank-Oos was 'n leningsplaas van 1139 morg 240 vierkante roede groot wat op 1 Januarie 1820 aan Philippus Petrus van der Merwe toegeken is. Hy verdeel die plaas in twee dele. Die kleiner deel van 439 morg 240 vierkante roede word op 16 November 1821 aan Jan Jacobus Malan (1796-1890) verkoop. Op 11 Mei 1863 dra Jan die plaas aan sy seun Dawid Johannes Malan oor.