Malan Vonk - September 2010
Kaapse Malan saamtrek: Voorlopige program
Dag 1: Vrydag 1 Oktober 2010. Besoek Malan-plase te Paarl en Wellington.
09:30 - 11:00 Salmonsvlei, Paarl, Danie Malan tee/koffie
11:30 - 12:30 Versailles, Wellington, Elmien Malan en Annareen de Reeuck, wyn en soutigheid.
13:00 – 14:00 “The Perfect Place” Restourant, Susan van Rensburg. (Vir eie rekening)
14:15 – 14:30 Twistniet (voorheen Champagne) Joan Malan.
14:45 – 15:00 Malanot Aftree-oord (oorspronklike plaashuis van Magnus en Avril Malan se voorouers)
15:15 – 16:00 Leliënfontein, Jannie Bosman (oorspronklike plaas J J Malan), ook De Groenefontein (Deon Joubert) en Groenfontein (J Bosman). Tee en verversings.
16:15 – 16:45 Cordiersrust, Johan Jonker Malan.
16:45 - Ry net aan by Vondeling, Johan Malan en Welbedacht, Schalk Burger se plaas, voorheen Danie en F S Malan se plase.
Dag 2: Saterdag 2 Oktober 2010.
09:30 Registrasie.
10:00 Verwelkoming: Dennis Malan, Voorsitter Malan-Familiebond van Suid-Afrika.
10:00 Opening met skriflesing en gebed: Ds Hercules Malan (emeritus) vorige Streeksvoorsiter, Wes-Kaap.
10:20 “Die Malan Familiebond 21 jaar.” J C Malan, Beskermheer van die Malan Familiebond.”
10:55 Gaspreker: Daniel Malan Jacobs. “Genealogie as instrument om geskiedenis lewendig te maak met verwysiging na o.a sy Malan voorouers.”
11:30 Bedankings en afsluiting van oggend sessie.
11:40 Neem van fotos voor Hugenote Monument en verdaging na Hoërskool Franschhoek.
1200 Voortsetting van program. Teken van besoekersboek. Besigtiging van skilderye deur Malan kunstenaars, uitstalling van verskillende musiek instrumente deur Dante Malan, uitstalling van versameling koerantknipsels deur Danie Malan. Koeldrank en wyne word bedien.
12:30 Dante Malan bespeel verskillende musiekinstrumente en word begelei deur Oom Japie Malan op die klavier.
13:00 Driegang middagmaal deur Ina Lotter met Malanwyne.
14:00 Musiekuitvoering oom Japie Malan en seun Pierre Malan, klavier en viool.
14:15 Gasspreker: Ds Bossie Minnaar Trustee van die Hugenote Vereniging. “Die Hugenote Vereniging, doelwitte, aksieplanne vir nou en die toekoms.”
14:50 Lekker boeremusiek deur Dante en Japie Malan.
15:00 Tee en Verversings.
15:15 Dr Hercules Malan Onder-Voorsitter Malan Familiebond. “Verspreiding van Malans deur Suider-Afrika".
15:50 Bedankings en oorhandiging van sertifikate.
16:00 Afsluiting en verdaging.
Dui asseblief aan of u dag een of dag twee of albei dae bywoon. Dag 1 betaal u vir u eie middagete. Dag 2 beloop die koste vir volwassenes R135 per person. Kinders onder 12 jaar R75 per kind. Dui asseblief aan hoeveel volwassenes en kinders die byeenkoms bywoon.
Die sluitingsdatum is Woensdag 15 September 2010
Malan saamtrek in Pretoria
Die saamtrek in Pretoria sal vroeg in 2011 plaasvind.
Malan Vonk en Malan Familiebond:
Die Malan Vonk is goed ontvang en word tans aan meer as 120 persone gestuur. Die aantal betaalde lede van die Familiebond is egter slegs 24. Dit het meegebring dat die kies van 'n nuwe bestuur uitgestel is totdat ons weer oor die rigting wat die Familiebond moet inslaan besin het. (Ledegeld is R125 per jaar en kan by Dennis Malan inbetaal word soos by die rekeningnommer hierbo. Ons is veral op soek na Malans wat ons kan help met al die Bond se aktiwiteite!
As u die Malan Vonk wil ontvang kan u u e-posadres aan Hercules Malan by e-posadres stuur. Dit is gratis. As u nie ‘n e-posadres het nie en by die Familiebond aansluit ontvang u ook die Malan Vonk gratis. As u nie by die Familiebond wil aansluit nie maar wel die Malan Vonk per pos wil ontvang is die koste R30 per jaar.
