Geskiedenis van die Webwerf
Danie Malan van Stellenbosch, een van die skrywers van die Die Malans van Suid-Afrika, het reeds in 2009 daaraan begin dink om 'n webwerf vir die Malan-Familiebond te begin ten einde 'n teenwoordigheid vir die Bond op die Internet te gee. Die webwerf van die Malan-Familiebond het uiteindelik op 17 Maart 2010 die lig gesien. Aanvanklik is MediaWiki as inhoudbestuurstelsel gebruik maar dat daar is gevind dat dit nie bevredigend is nie. Op 30 September 2010 is die webwerf geskuif na die gpEasy inhoudbestuurstelsel waarmee die webwerf tans ontwikkel word.
Aanvanklik is die webwerf op Danie Malan se masjiene gehuisves maar weens konneksie probleme na die Internet is die webwerf op 14 September 2012 na Elitehost geskuif waar dit tans gehuisves word. Dit het ook die voordeel dat iemand anders die webwerf sou kon oorneem in die toekoms indien nodig.
Die webwerf word tans deur Danie bedryf.