Inhoud Hoofstuk 10 Hoofstuk 12


11. Die Nageslag van Jacobus Johannes Malan (1739-1806)

David se oudste seun, Jacobus Johannes, is op 10 April 1739 gebore. Hy is op 5 September 1762 in die Paarl getroud met Anna Aletta Retief. Sy was 'n dogter van Francois Retief en Anna Marais.

Jacobus het waarskynlik op die plaas Palmiet Valleij in die distrik Drakenstein gewoon. Dit is nie bekend wanneer hy dié plaas gekoop het nie, maar hy verkoop dit in 1799 aan Stephanus du Toit. Jacobus het ook die plaas Knolle Valleij van sy neef Jacobus Louw gekoop. In 1763 verkry Jacobus ook weiregte op Haaskraal aan die Kromrivier naby die Komsberge. In 1769 word Jacobus se pa se plaas, De Verrekijker, in die land Waveren, aan hom oorgedra. Dié plaas is weer in 1798 aan Jacobus se seun, David, oorgedra. Jacobus het later ook die plaas De Fortuijn, in Hottentots-Holland, van sy vader geërf.

Jacobus word in 1775 voorgestel as diaken vir die gemeente Swartland en in 1781 verskyn sy naam as mede-ondertekenaar van 'n beswaarskrif teen verpligte militêre diens. Die boere het aangevoer dat hulle liewer hulle aandag aan die landbou moes gee en dat dit onveilig was om hulle vrouens en kinders alleen op die plase te laat.

Anna sterf op 18 April 1795 en Jacobus hertrou op 19 Junie 1796 in Kaapstad met Aletta Bosman, dogter van Hermanus Bosman en Maria Marais. Geen kinders is uit hierdie tweede huwelik gebore nie.

Kinders van JACOBUS JOHANNES MALAN en ANNA ALETTA RETIEF:

1 Anna Aletta, gedoop 4 September 1763.

2 David, gebore 7 Mei 1765.

3 Leonora Elisabeth, gedoop 5 April 1767.

4 Maria, gedoop 25 November 1770.

5 Jacobus Francois, gedoop op 28 Maart 1773

6 Daniel Johannes, gebore 7 Augustus 1775.

7 Maria Esther, gedoop 13 Mei 1781.

8 Hester Margaretha, gebore 2 Oktober 1781.

9 Jacobus Francois, gebore 15 Junie 1783.

ANNA ALETTA is op 11 Oktober 1789 in die Paarl getroud met Schalk Willem Burger, seun van Schalk Willem Burger en Hester Smit. Anna hertrou op 31 Maart 1799 in Kaapstad met Jacob Eksteen, seun van Petrus Michiel Eksteen en Sophia Cloete.

DAVID is op 8 Mei 1791 in die Paarl getroud met Margaretha Elisabeth Retief, dogter van Francois Retief en Margaretha Joubert. Dit kom voor of David omstreeks 1793 na die Tulbagh-distrik verhuis het. Hy het waarskynlik op sy vader se plaas, De Verrekijker, geboer, want dié plaas is op 14 Augustus 1798 aan hom oorgedra. Margaretha is in 1844 en David in 1851 oorlede.

Kinders van DAVID MALAN en MARGARETHA ELISABETH RETIEF:

1 Jacobus Johannes, gebore 8 Februarie 1792.

2 Francois Johannes Daniel, gebore 20 Julie 1794.

3 Jacobus Johannes, gebore 25 Augustus 1796.

4 David Jacobus, gebore 7 Maart 1799.

5 Daniel Stephanus, gebore 26 Mei 1801.

6 Margaretha Elisabeth, gebore 8 November 1803.

7 'n Dogter, gebore 1806 en ongedoop oorlede.

8 Anna Aletta, gebore 21 Junie 1811.

Jacobus Johannes is klein dood.

Francois Johannes Daniel is op 3 September 1820 op Tulbagh getroud met Margaretha Johanna Naudé, dogter van Jacob Naudé en Martha Retief. Francois is op 18 Maart 1824 op Tulbagh oorlede en Margaretha op Kersdag 1853.

Jacobus Johannes het slegs 23 jaar oud geword. Hy is in 1819 ongetroud oorlede. So sterf die naam Jacobus Johannes dus by hierdie tak van die familie uit.

David Jacobus is, net soos sy broer Jacobus Johannes, in 1819 oorlede. Dit lyk dus moontlik dat hulle saam kon verongeluk het of in 'n epidemie kon gesterf het.

Daniel Stephanus is op 2 September 1827 getroud met Elisabeth Magdalena Möller, dogter van Hendrik Francois Möller en Anna Debora Marais. Daniel het op De Verrekijker in die Tulbagh-distrik geboer. Hy is in 1869 en Elisabeth in 1872 in Tulbagh oorlede.

Margaretha Elisabeth is op 1 November 1823 in Worcester getroud met Jacobus Arnoldus Hugo, seun van Petrus Hugo en Margaretha Jacoba Theron.

Anna Aletta is op 14 April 1833 op Tulbagh getroud met Jacobus Johannes de Wet, seun van Jacobus Francois de Wet en Magdalena Susanne Theron.

LEONORA ELISABETH is op 31 Mei 1789 in die Paarl getroud met Daniel Jeremias du Toit, seun van Andries du Toit en Alida Margaretha Möller. Leonora hertrou op 2 Mei 1812 op Stellenbosch met Guillaume Jacobus Goosen, seun van Cornelis Goosen en Wilhelmina Berkman. Leonora is in 1816 oorlede.

MARIA het net vier jaar oud geword. Sy is in 1774 oorlede.

JACOBUS FRANCOIS is in 1780 op 7 jarige leeftyd oorlede.

DANIEL JOHANNES is op 11 Mei 1794 in Kaapstad getroud met Rachel Elisabeth du Plessis, dogter van Jan Gabriel du Plessis en Rachel Blignaut. Op 26 April 1799 koop Daniel die plaas Onverwacht van Pieter Cilliers. Onverwacht was slegs 12 morg groot. Daniel hertrou op 8 November 1807 op Stellenbosch met Maria Christina Louw, dogter van Carel Wynand Louw en Elsie Maria van der Merwe. Daniel het die plaas Eikeboom in die Wagenmakersvallei gekoop en daar geboer. Dit wil voorkom of Daniel sy plaas teen ongeveer 1820 aan sy seun Jan Jacobus oorgedra het. Daniel se jongste drie kinders is op Tulbagh en Vier-en-twintig Riviere gedoop.

Kinders van DANIEL JOHANNES MALAN en RACHEL ELIZABETH DU PLESSIS

1 Jacobus Johannes, gebore 15 Februarie 1795.

2 Jan Jacobus, gebore 3 Januarie 1797.

3 Rachel Elisabeth, gebore 27 Maart 1799.

4 Daniel Johannes, gebore 26 Mei 1803.

5 Anna Aletta, gebore 27 September 1804.

Jacobus Johannes is klein dood.

Jan Jacobus is op 7 November 1818 op Stellenbosch getroud met Hester Maria Joubert, dogter van Pieter Gideon Joubert en Hester Helena Burger. Jan hertrou op 3 Oktober 1830 in die Paarl met Hilletje Johanna Basson, dogter van Matthys Michiel Basson en Anna Aletta Rust. Jan het sedert omstreeks 1820 op Eikeboom geboer. Hy koop die plaas Vleeschbank agter Groenberg op 16 November 1821 van Philippus Petrus van der Merwe. Jan verkoop weer op 15 Maart 1863 'n gedeelte van Vleeschbank aan sy seun David Johannes. Jan is ná sy dood in 1890 in die Wellingtonse kerkhof begrawe.

Rachel Elisabeth is op 7 Januarie 1815 in die Paarl getroud met Petrus Jacobus Booysen, seun van Booy Booysen en Maria Magdalena Joubert. Petrus sterf in 1841 en Rachel hertrou op 4 Junie 1849 met Daniel Hendrik Rossouw, seun van Johannes Rossouw en Beatrix Petronella Louw. Rachel is op 11 Augustus 1878 in Wellington oorlede.

Daniel Johannes is op 14 November 1824 op Wellington getroud met Helena Alberta Smit, dogter van Jacobus Hendrik Smit en Margaretha Wilhelmina Louw. Daniel het op Eikeboom in die Wagenmakersvallei geboer en was bekend as Oom Danie Sering. Dié bynaam het hy blykbaar gekry deurdat een van sy broers met sy ring getroud is! Danie is op 22 Augustus 1852 oorlede. Helena het hom met 29 jaar oorleef en sy is op 8 Augustus 1891 in Wellington oorlede.

Anna Aletta is op 1 Mei 1824 getroud met Johannes Jacobus Smit, broer van Helena Alberta Smit met wie haar broer, Daniel Johannes, getroud was.

Kinders van DANIEL JOHANNES MALAN en MARIA CHRISTINA LOUW:

1 Elsje Maria Johanna, gebore 9 Maart 1809.

2 Charl Wynand, gebore 27 April 1812.

3 Jacobus Francois, gebore 18 Februarie 1816.

4 Maria Christina, gebore 25 Januarie 1818.

5 Helena Susanna, gebore 13 Maart 1819.

6 Anna Elisabeth, gebore 30 Januarie 1822.

Elsje Maria Johanna is op 5 September 1824 op Tulbagh getroud met Johannes Paulus Eksteen, seun van Jacob Eksteen en Anna Aletta Malan. Sy is 'n jaar leter, op 16 jarige ouderdom, op Vier-en-twintig Riviere oorlede. Die oorsaak van dood was waarskynlik komplikasies met haar eerste swangerskap.

Charl Wynand is op 8 Mei 1836 in die Paarl getroud met Magdalena Margaretha Hugo, dogter van Jan Gysbert Hugo en Magdalena Margeretha Retief. 'n Foto van Charl en Magdalena Malan, wat omstreeks 1850 geneem moes gewees het, het behoue gebly en is tans in besit van die Malan-familiebond. Die foto is waarskynlik die oudste van 'n Suid-Afrikaanse Malan.

Charl het aanvanklik op L'Arc d'Orleans te Wemmershoek geboer, maar koop op 22 Desember 1837 die plaas Salomonsvlei in Klein-Drakenstein uit die boedel van Daniel Gerhardus Malan vir die som van 1430 pond. Charl het ook Ongegund, Agter-Groenberg, in 1839 van David Jacobus Malan gekoop. Ongegund is op 4 April 1884 aan Charl se seun, Gideon Josua, oorgedra.

Charl en MagdaIena het tien seuns en vyf dogters gehad. Sy agtste seun, David Johannes, het op Salomonsvlei in die Paarl geboer terwyl die tweede seun, Jan Gysbert, op L'Arc d'Orleans geboer het.

Na die ontdekking van goud in Transvaal het agt van die broers daarheen verhuis. Daniel Johannes, die oudste seun, het toe Salomonsvlei van sy broer David gekoop. Jan Gysbert is die enigste ander broer wat in die Boland agtergebly het. Jan Gysbert se seun, Willem Adolph, was die vader van die legendariese vegvlieënier Sailor Malan.

Verdere besonderhede oor Daniel Johannes se afstammeIinge kom in die boek Die Malans van Salomonsvlei van Bettie Barry voor.

Van Jacobus Francois is niks verder bekend nie en die vennoede is dat hy jonk dood is.

Maria Christina is op 14 Desember 1835 in die Paarl getroud met haar neef David Jobannes Malan, seun van Jacobus Francois Malan en Maria Susanna Rossouw.

Van Helena Susanna en Anna Elisabeth is niks bekend behalwe hulle geboorte- en doopdatums nie. Hulle is waarskynlik jonk dood.

MARIA ESTHER en HESTER MARGARETHA is vermoedeIik albei jonk dood.

JACOBUS FRANCOIS is op 31 Oktober 1802 in Kaapstad getroud met Maria Susanna Rossouw, dogter van Gabriel Rossouw en Margaretha Magdalena Louw. Maria sterf op 6 Oktober 1840 en Jacobus hertrou op 23 Maart 1841 op WeIlington met Elisabeth Johanna Louw, dogter van Charl Wynand Louw en EIisabeth Maria van der Merwe. Elisabeth is op 16 Julie 1861 oorIede en Jacobus
op 17 Mei 1863. Jacobus is saam met sy twee vroue in 'n grafkelder by die Wellingtonse moederkerk begrawe. As 'n mens voor die kerk staan is dit net links van Andrew Murray se standbeeld.

Jacobus was bekend onder die name Koos, Rooi Koos, Kooitjie en Rooi Kooitjie. Hy koop op 28 Junie 1804 die plaas De Goede Verwacthing van Conrad Froneman Op 21 Desember 1810 verkoop hy dié plaas aan Daniel Rossouw en op dieselfde dag koop hy De Groene Fonteijn in die Bovlei van Johannes Minnaar. De Groene Fonteijn is langs die Wagenmakersrivier, 'n spruit van die Kromrivier, geleë. Die plaas is mettertyd vergroot en later weer in vier dele verdeel. Die gedeelte waarop die hoofopstal gestaan het, het toe bekend geraak as Leliënfontein. Die ander afgedeelde plase was Groenenfontein, Groenen Dal en Kanetfontein.


Inhoud Hoofstuk 10 Hoofstuk 12