Navorsing nuus
Die siviele huwelike van Transvaal van 1870 tot 1930 en ander bronne word tans deurgewerk. By meer as 'n 1000 Malans is reeds nuwe inligting bygevoeg wat nie in die nuwe 2018 uitgawe van "Die Malans van Suid-Afrika" voorkom nie. Dit is egter in die aanlyn register beskikbaar.
Verdere werk is gedoen in die Franse argiewe en heelwat vordering is gemaak ten opsigte van Jacques Malan se voorouers en familie, sien artikel.
