Fotos van die byeenkoms te Somerset-Wes op 7 en 8 Oktober 2011

Kliek op die duimnaels om die volle foto te sien. Die volle foto sal in 'n nuwe venster oopgemaak word. Maak die venster toe om terug te keer na hierdie bladsy. Fotos geneem deur Danie Malan van Stellenbosch.

 

7 Oktober

 

Morgenster

 

Lees hier die geskiedenis van Morgenster. Sluit die venster om terug te keer na hierdie bladsy.
Om 08h45 is daar bymekaar gekom by die proelokaal van die Morgenster plaas.
Gesig oor die berge na die noorde vanaf die parkeerterrein by die proelokaal.
Binne die proelokaal terwyl daar gewag word vir die res van die mense om op te daag.
Wynvate in die kelder. Die Franse eikehout vate word heel vanuit Frankryk ingevoer.
Wynkelder van agter.
Een van die tenke waarin die wyn gemaak word.
 
Die olyfboomkwekery is volgende besoek. Aanvanklik is die olyfbome op die plaas ingevoer vanaf Italië maar daar is later besef dat om die res van die plaas te beplant 'n kwekery nodig is. Die klein olyfboompies word binne bokse in perkeliet geplant.
Daarna word die boompies uitgeplant in klein bakkies.
By die volgende stadium word die boompies oorgeplant in groter sakkies.
Voor die boompies verkoop word, word hulle vir 'n tyd onder 'n 70% en daarna 'n 30% net gehou.
Die olyffabriek is volgende besoek.
Die beginpunt van die olyfolie maak proses begin by die bak waarin die olywe gegooi word.
Daarna word die olywe gewas om al die klippies en takkies te verwyder. Nadat hulle gewas is word hulle met pitte en al fyn gemaal.
Die beheerpaneel waar onder andere die temperatuur en die vloei van die proses beheer kan word.
Die laaste deel van die proses.
Voorbeelde van die verskillende olyfolies wat gemaak word.
Die tenke waarin die olyfolie gehou word.
Ongepleisterde deel van die muur wat die bouwerk van die muur wys.
Daarna is na die herehuis beweeg om dit te besigtig. Aanloop na die herehuis.

Die herehuis op Morgenster.

 

Die gewel van die herehuis met die datum 1786 daarop.
Verwelkoming deur die eienaar Giullio Bertrand. Regs is die voorsitter, Dennis Malan.
Voorkamer van die herehuis. Verskillende dekorasielae is gevind tydens die restorasie van die huis.
Die studeerkamer.
Die agterkamer.
Wynproe by die proelokaal.

 

Lourensford

 

Lees hier die geskiedenis van Lourensford. Sluit die venster om terug te keer na hierdie blad.

Die herehuis op Lourensford.
Die kaasmakery by Lourensford. Daagliks word kaas gemaak van 2000 liter melk wat vanaf Elsenburg verkry word. Binne die kamer waarin die kaas gestoor word hang 'n sterk ammoniak reuk. Melk bevat 'n klein bietjie ammoniak en dit word met tyd vrygestel.
Die wynkelder op Lourensford.
Vergelegen

 

Lees hier die geskiedenis van Vergelegen. Sluit die venster om terug te keer na hierdie blad.

 

Waarskynlik die oudste lewende eikeboom in Suid-Afrika. Die boom is tussen 1700 en 1706 deur W.A. van die Stel op Vergelegen aangeplant.
Kamferbome wat tussen 1700 en 1706 deur W.A. van der Stel op Vergelegen aangeplant is.
Die herehuis op Vergelegen.
Die biblioteek op Vergelegen.
Die restaurant op Vergelegen waar tee gedrink is.

 

Knorhoek

 

Lees hier die geskiedenis van Knorhoek. Sluit die venster om terug te keer na hierdie blad.

Die herehuis op Knorhoek, die laaste plaas waar aangedoen is.

Die gewel van die herehuis met 1795 daarop.
Die ratwerk van die ou meulhuis op Knorhoek. Die meul is nie meer in werking nie.
 

8 Oktober

Morgenster

 
Byeenkoms links van die herehuis op Morgenster vir die onthulling van die gedenkplaat.
Giulio Bertrand en Dennis Malan na die onthulling van die gedenkplaat teen die muur van die herehuis.
Die gedenkplaat.
Die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede se plaat.
Die NG Kerk Hottentots-Holland waar die ete en ander verrigtinge plaasgevind het.
Deel van die koerantuitknipsel uitstalling deur Danie Malan van Boksburg.
Ete.

 

Stonewall

 

Lees hier die geskiedenis van Stonewall. Sluit die venster om terug te keer na hierdie blad.
Die oorspronklike herehuis op die plaas Stonewall, Somerset-Wes. Dit word tans as 'n wynkelder gebruik.
Die gewel van die herehuis met die datum 1828 daarop. Die letters DWM is die van Daniel Wouter Malan.

 

Navarre

 

Lees hier die geskiedenis van Navarre. Sluit die venster om terug te keer na hierdie blad.
Die herehuis op die plaas Navarre, Somerset-Wes.
Die gewel van die herehuis met die datum 1815 daarop.
Die voorkamer van die herehuis.
Hercules Malan en sy seun Herman voor die herehuis. Die plaas het vroeër aan van sy voorgeslagte behoort.
Buitegeboue regs van herehuis.
Die grasperk voor die herehuis.